Regstreekse gesprek: Skoolplasings – ouers weet beter as Lesufi

INLIGTING OOR AANHEGSEL skole-inskrywings-sosiale-media-01-1.jpgOuers van voornemende gr. 8-leerders kon hul kinders sedert verlede week aanlyn by ʼn skool in Gauteng inskryf. Die aanlyn aansoekproses is egter wéér vanjaar in omstredenheid gehul, met voornemende gr. 1-leerders wat eers in September kan begin aansoek doen om plek in ʼn skool. Ouers van leerders in private skole of skole in ander provinsies, kan ook eers dan aansoek doen.

Kenners waarsku nou dat die departement nie genoeg tyd laat om te verseker almal word betyds geplaas nie en dat die departement weereens probeer beheer neem van ʼn proses wat hulle nie bevoeg is om na wense te hanteer nie.

Paul Maritz gesels Donderdag om 14:00 met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by SOS, Tinus du Preez, visepresident by NAPTOSA en Juané van der Merwe, bestuurder van FEDSAS se regsdienste.  Hulle gaan onder andere gesels oor wat die skoolgemeenskap se regte is en hoekom ouers eerder moet besluit wanneer dit kom by die plasing van leerders in die skool van hul keuse.

Volg die regstreekse uitsending op Maroela Media se Facebook-blad Donderdag 19 Augustus om 14:00. Die video sal ook onderaan dié artikel beskikbaar wees.

Maroela regstreeks: Skoolplasings – ouers weet beter as Lesufi

Paul Maritz gesels met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), Tinus du Preez, visepresident van NAPTOSA en Juané van der Merwe, bestuurder van FEDSAS se regsdienste. Hulle gesels onder andere oor wat die skoolgemeenskap se regte is en hoekom ouers eerder moet besluit wanneer dit kom by die plasing van leerders in die skool van hul keuse.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Thursday, August 19, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.