Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se jongste verslag wat in Junie vrygestel is, skets geen rooskleurige prentjie oor die stand van plaaslike regering in SA nie. Volgens dié verslag word miljarde rande wat aan plaaslike owerhede toegeken is, teenstrydig met voorskrifte bestuur.
Die ouditeur-generaal het vroeër bekend gemaak dat net 18 van die 257 munisipaliteite en 21 munisipale entiteite in die boekjaar tot einde Junie 2018 skoon oudits ontvang het. Onreëlmatige uitgawes beloop R32 miljard landwyd teenoor die R25 miljard in die vorige boekjaar.
Suid-Afrikaners voel toenemend hierdie swak plaaslike regering aan eie lyf, met groeiende uitdagings ten opsigte van basiese dienste soos vullisverwydering, rioleringsdienste, water- en kragvoorsiening en rekeningpraktyke. Inwoners betaal vir dienste wat nie gelewer word nie, en boonop het swak bestuur en korrupsie tot gevolg dat die fondse wat vir hierdie dienste geoormerk is, in ʼn bodemlose put verdwyn.
Wat word op regeringsvlak gedoen aan die probleme met plaaslike regering? En, belangriker nog: wat staan plaaslike gemeenskappe te doen? Mag hulle sake in eie hande neem?
Paul Maritz, gesels regstreeks oor dié en ander kwessies met Morné Mostert, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, Martin van Staden van die Vryemarkstigting, en Frik Mulder, onafhanklike konsultant en kundige in plaaslikeregeringsake.
Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek Donderdag 10 September om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.
Nooi gerus kollegas, familie en vriende wat jy dink saam behoort te kyk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Dit gaan my verstand te bowe dat die belastingbetalers en huisinwoners van die land hul so onbeskaamd aan die neus laat lei deur die regeringsboewe! Hoekom ??? ‘n Saak het 2 kante en dit kan mos nie dat die regering op alle vlakke kan doen wat hul wil en nog wegkom daarmee!!Wat het van ons samelewing geword? Is hul so ruggraatloos?Hoekom laat hul toe dat hul in alle opsigte so gewtenloos gekaap word?
Chris Noordkus, die huidige stelsel van plaaslike regering werk eenvoudig nie, die feit dat dorpe en landelike gebiede deur dieselfde Munisipale Raad bestuur word werk eenvoudig nie. Ek was 18 jaar Stadsklerk en 11 jaar daarna Munisipale Bestuuder. Ek mening lug oor beide stelsels. Landelike gebiede moet deur die sogenaamde Distriks munisipaliteite bestuur word en dorpe deur die inwoners van die dorp. Ek kan bladsye oor die huidige nie werkende stelsel skryf, jy kan nie basiese dienste soos Gesondheid , water en dies meer van ‘n sentrum 90 kilometer ver behoorlik voorsien nie, dis hoekom ons vandag met aanhoudende protes… Lees meer »
Hartseer hoe Munisipaliteite op grondvlak so wanpresteer…… No 1, Eskom wanbetalings…… No 2, optree teen wanbetalers, strydig met hul voorgeskrewe kredietbeheer beleid optree, Swart en wit Munisipaliteite…….. veral so jaar voor Verkiesing tyd, dan raak dit erntige Politiek en Kredietbeheer verswak partye wou dan stemme werf….. Swak en onkundige Bestuur…… Vandag nog…..!! Voor en na 1994,het Provinsiale Regering “Oudit Spanne” gereeld die, daai tydse Swart Munisipaliteite te kom oudit, maar wat help dit jy oudit ń Munisipaliteit, as jy nie ń Oudit Kwalifikasie het nie, eerste wat hul na gekyk het was jou Kleinkas….. Kasboek en Salarisse en Lone…. ai… Lees meer »
Belating boikot hoekom moet ons betaal vir iets wat ons nie kry nie.
Hoekom is die DA beheerde stadsrade so suksesvol in die Weskaap? Dis eenvoudig: geen korrupsie en dienslewering. Geen wonder dat witmense almal na die Wes-Kaap wil ‘ emigreer ‘.