Regstreekse uitsending: Covid-19, die gemeenskap, die ekonomie en die pad vorentoe

28 April_Gesprek_Freek Robinson.jpgDie koronavirus skep groot onsekerheid onder die publiek, en mense wonder hoe die pandemie hulle dag-tot-dag-lewens maar ook die ekonomie in die nabye en latere toekoms gaan raak. Is daar ʼn balans tussen gesondheid en die ekonomie, en hoe gaan ons as samelewing van hier af vorentoe?

Freek Robinson gesels met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Tans word dié organisasie oorval met navrae weens die onsekerheid wat heers oor die Covid-19. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, gaan ook saamgesels oor die ekonomiese impak, en vrae beantwoord oor die stimuluspakket.

Volg die regstreekse uitsending Dinsdag, 28 April 2020 om 14:00 hier of kyk dit op Maroela Media se Facebook-blad.

Covid-19, die gemeenskap, die ekonomie en die pad vorentoe

Die Korona-virus skep groot onsekerheid onder die publiek, en mense het talle vrae oor hoe die pandemie hulle dag-tot-dag-lewens maar ook die ekonomie in die nabye en latere toekoms gaan raak. Is daar ʼn balans te vind tussen gesondheid en ekonomie, en hoe gaan ons as samelewing van hier af vorentoe?Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Tuesday, April 28, 2020

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Nou wat nou. Helle het klaar besluit. Daar is dan klaar dokumente uit gestuur. Dink julke regtig hulle gaan besef dat hulle aanjaag. Hoe kan jy waist pickers bo die bou bedryf kies. Die bou bedryf sit meer geld in die werklose mense se sak as wat die waist pickers ooit kan verdien. Ek gaan ook begin waist pick dan jan ek ook vinneger begin werk. Kyk maar al die maatskapye wat gaan oopmaak is daar n staats amptenaar wT n vinger of nee sommer n hand in die paai het

Willem ·

Behoort insiggewend te wees Flip en Dawie is ten minste opgelei ,geskool en kenners van hul vak. Sou graag wou sien dat zuma en cele ook luister.
Hierdie is beter adviseurs as Cyril se narre.

Chris ·

Ek glo nie hulle sal mooi verstaan wat Flip en Dawie se nie. Dalk n bietjie ingewikkeld.

Petrus Klipkop ·

Sal die uitsending moontlik op youtube geplaas kan word om later te kan kyk, aangesien hier sedert 14h00 baie probleme met die selfoonsein ondervind word?

Willem ·

Baie dankie Freek ,Dawie en Flip ek is trots op julle. Hoop baie van ons mense het geluister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.