Onderwys is een van die bedrywe wat swaar getref word deur die algehele landswye afsondering wat reeds ʼn paar weke lank in Suid-Afrika voortduur. Daar heers groot onsekerheid oor die toekoms en ouers en skole beleef verskeie uitdagings.
Dr. Jaco Deacon, adjunk- uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in dié gesprek met Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur.
Volg die regstreekse uitsending Vrydag, 24 April 2020 om 15:30 hier of kyk dit op Maroela Media se Facebook-blad.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ons het ‘n totaal hopelose minister van kommunikasie. Sy het ‘n kans gehad om ‘n briljante projek te loods vir die skoolkinders. Sy kon die SAUK gekry hey het in samewerking met die skooladministrasies om ‘n TV kanaal af te staan en kry onderwysers, soos William Smith destyds, om klasse op die TV aan te bied. Hulle kon die dag en week opdeel tussen verskillende grade en vakke. Sodoende kon hulle die kinders wonderlike geleentheid gee om op datum te bly.Ek dink SABC 1 sou perfek wees. Ongeveer alle mense in Suid Afrika het of terestriële TV of sateliet TV… Lees meer »