ʼn Regter van die Noord-Gautengse hooggeregshof het die vonnisse van drie plaaswerkers, wat erken het dat hulle die boer vir wie hulle gewerk vermoor het, verminder omdat die boer hulle glo onregverdig en wreed behandel het.
Regter Neil Tuchten het Dumisani Zwane, wat 20 jaar gekry het, en Skhumbuza Ndaba en Mbongeni Ndaba, wat albei 25 jaar gekry het, se vonnisse na onderskeidelik 12 en 15 jaar verminder, het die Pretoria News berig. In sy uitspraak het Tuchten gesê dat die regter wat die vonnisse opgelê het, te veel klem geplaas het op plaasmoorde en dat die nie ʼn plaasmoord was nie maar ʼn “moord op ʼn plaas.” Hy sê die drie mans het nie die moord op Gert Rabe vir geldelike gewin gepleeg nie maar uit woede en wraak weens sy gedrag teen sy werknemers. Hy het hulle glo gereeld aangerand en seksueel verneder. Die plaaswerkers het glo aanvanklik die moord probeer wegsteek maar hulself later by ʼn polisiestasie oorgegee en skuldig gepleit aan moord.
dis ongelooflik watter verskonings aanvaar word vir moord……die RSA regstelsel is ongelukkig ook al heeltemaal “aangetas”
Dit is verregaande.