Regter Pius Langa oorlede

Regter Pius Langa

Voormalige hoofregter Pius Langa is Woensdagoggend in die ouderdom van 74 oorlede.

“Regter Pius Langa is vanoggend by die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede,” het sy broer, Mandla, in ʼn verklaring gesê. Hy is al ʼn maand lank in die hospitaal ná ʼn lang siekbed.

Hy het in 2009 afgetree en was uiteindelik die voorsitter van die Persvryheidskommissie wat die gedrukte pers in Suid-Afrika reguleer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.