Regter sê interdik rakende e-tol is dringend

Volgens regter Bill Prinsloo is die saak rakende Sanral se e-tolstelsel baie dringend en sal die hof voor 30 April besluit of die aanvangsdatum uitgestel moet word en ʼn interdik toegestaan gaan word.

EWN berig die alliansie wat die stedelike tolstelsel teenstaan het dié omstrede projek uitgedaag voor sy verwagte aanvangsdatum binne vyf dae. Sanral en die Tesourie het hul saak gestel en gesê dat die aansoek vier jaar te laat gebring word en dat enige hofaansoek teen die tolstelsel vroeër moes plaasgevind het. Die alliansie beweer egter dat daar vroeër nie voldoende inligting beskikbaar was nie en dat die volle besonderhede eers gedurende die afgelope paar maande beskikbaar gestel is. Zwelinzima Vavi van Cosatu het pas op sosiale netwerk Twitter geskryf: “Nou ruik ek algehele oorwinning wat ons almal die moeite kan spaar om snelweë op 30 Mei te blokkeer en aan stakings deel te neem”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.