Regter se moordverdagte-vrou val flou in hof

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Uitspraak in die verhoor teen Thandi Maqubela is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel toe sy twee keer in die hof glo flou geval het.

Regter John Murphy het pas met sy uitspraak begin en was net twee minute besig toe Maqubela flou geval en op die beskuldigingsbank langs haar medebeskuldigde, Vela Mabena, ineengestort het. Die regter het daarna die hof verdaag.

Sy het die eerste keer, sowat vyf minute voordat die regter in die hof ingekom het, ineengestort en Marius Broeksma, haar prokureur, het haar opgehelp. Polisiebeamptes het om Maqubela saamgedrom. Sy het ʼn goue kopdoek, swart en goue klere en hoë hakskoene aangehad. Haar suster het daarna langs haar gaan sit en haar getroos voor die regter ingekom het.

Die hof is verdaag sodat Maqubela ʼn dokter kon raadpleeg.

Sy en Mabena het onskuldig gepleit op aanklag dat hulle haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, op 5 Junie 2009 in sy huis in Seepunt in Kaapstad met kleefplastiek versmoor het. Sy het ook onskuldig gepleit op aanklag van bedrog en vervalsing wat verband hou met ʼn dokument wat sy beweer is haar man se testament.

Lees ook:
Regter se weduwee het glo gejok oor sy dood
Geld dalk motief vir regter se dood
Uitstel gevra oor beweerde testament-vervalsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leon ·

Dis om aandag te trek. Sy val flou omdat sy weet sy gaan tronk toe. Sy moes flou geval het voor sy begin het met haar streke.

Trippie ·

Hallo Sarie — lanklaas met jou gesels.

Jy meen sy kan golf ook speel ? LOL

Sarie van Niekerk ·

Maroela het beslis ‘n goeie taalversorger (sub) nodig. Die woord is beskuldigdebank, nie beskuldigingsbank nie!!! Die toenemende taalfoute in julle berigte raak regtig erg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.