Reiner le Roux vandag ter ruste gelê

Reiner le Roux

Reiner le Roux (3), wat voorverlede week van sy pa se bakkie in Mosambiek geval en verlede week aan ’n hartaanval dood is, word Maandag ter ruste gelê.

Le Roux word vandag om 11:00 in Tzaneen uit Shekinah House begrawe. Le Roux is omstreeks 1:30 Woensdagoggend dood nadat hy ʼn hartaanval gehad het. Reiner het voorverlede Donderdagaand breinchirurgie ondergaan in die Garden City-hospitaal in Johannesburg maar het daarna bykans geen breinfunksie gehad nie en is deur masjiene aan die lewe gehou. Dokters moes twee “venstertjies” in sy skedel sny om die drukking te verlig. Reiner het voorverlede Maandagmiddag van sy pa, Jaco, se bakkie geval. Jaco en sy vrou, Inge, doen sendingwerk in Inhambane in Mosambiek. Die gesin se twee ander seuns, Ernan (9) en Lander (7), het saam agter op die bakkie gesit. Die bak het tralies reg rondom. Reiner het op sy kop geval en was bewusteloos. Jaco en Inge het met hul seuntjie na die hospitaal in Inhambane gejaag. Die hospitaal kon egter nie die nodige sorg aan Reiner verskaf nie en die Le Rouxs het hom in hul motor gelaai en na Maputo gery waar paramedici van ER24 met ʼn vliegtuig op hulle gewag het. Reiner se hart het gaan staan kort nadat hulle in Maputo aangekom het maar paramedici kon daarin slaag om dit weer aan die gang te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.