Rekenaars en tablette verpligtend vir UJ-studente

Argieffoto

Argieffoto

Eerstejaarstudente aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) sal in 2014 óf ʼn skootrekenaar óf ʼn tabletrekenaar vir hul studies benodig.

“Tegnologie sal ʼn integrale deel wees van UJ-studente se leerproses en UJ-gegradueerdes sal gevolglik ʼn mededingende voordeel hê en hulle sal nasionaal en internasionaal kan meeding vir top poste,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

Die universiteit het glo met ʼn diensverskaffer onderhandel sodat studente sowat R2 000 sal betaal vir ʼn tabletrekenaar. Eduloan kan ʼn lening bied aan studente om die tablet te koop en teen R500 of minder per jaar af te betaal. Daar is ook inligting om studente te help om pryse van ander verskaffers te vergelyk.

Die universiteit het reeds voorbereiding getref vir die nodige infrastruktuur en laaipunte sal beskikbaar wees en gratis Wi-Fi regoor die kampus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

As ek so na die tegnologie kyk, is ek eitlik verbaas dat ek dit deur skool gemaak het sonder rekenaars en internet. (Dit was nie daar toe ek in 1988 gematrikuleer het nie).

Ons is maar biblioteek (mediasentrum) toe, waar ons nog boon-op moes betaal vir afskrifte.

Tom ·

Niks nuuts nie. Ons kinders in Oz het reeds verpligte mobile rekenaars of tablette vanaf jaar 3. Dis wel privaatskool. Sommige staatskole implementeer dit vanaf sekondere skool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.