Rekordgetal kosseëls in Amerika gebruik

Amerikaners het in Junie vanjaar ‘n rekordgetal van 46,7 miljoen kosseëls gebruik om mee kos aan te skaf.

Kosseëls is die Amerikaanse departement van landbou se enkele grootste enkele uitgawe, en het in die fiskale jaar wat in September verlede jaar ten einde geloop het, ‘n rekordbedrag van $75,6 miljard beloop.

Die afgelope jaar het ‘n toename van 3,3 persent op die vorige jaar opgelewer terwyl werkloosheid hardnekkig bo 8 persent vasskop.

Net so hardnekkig soos die werkloosheidskoers, so hardnekkig bly die naam “food stamps” in die Amerikaanse woordeskat vassteek. Amptelik staan die program reeds van 1 Oktober 2008 af bekend as die Supplement Nutrition Assistance Program (SNAP) bekend en streng reëls oor behoeftigheid geld vir deelname daaraan. Snap lewer volgens amptelike data hulp aan ongeveer een uit elke vier Amerikaners, en die ideaal geld dat geen Amerikaner ondervoed hoef mag wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.