Rekordgetal renosters reeds vanjaar gestroop

Foto: Moira-Marie Kloppers

Foto: Moira-Marie Kloppers

ʼn Rekordgetal renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak volgens statistiek wat Sondag op Wêreldrenosterdag bekend gemaak is.

Volgens die statistiek is 688 renosters reeds vanjaar in Suid-Afrika gestroop. Die departement van omgewingsake sê 425 renosters is reeds vanjaar in die Krugerwildtuin vir hul horings doodgemaak. Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Saterdag aan ʼn optog in Pretoria deelgeneem waartydens jongmense hul steun vir die bekamping van renosterstropery gewys het. Molewa het gesê die regering sal nie toelaat dat renosters uitsterf nie. ʼn Totaal van 668 renosters is verlede jaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.