Rekordtemperatuur vir dorp in die Wes-Kaap

ʼn Dorp in die Wes-Kaap het tot dusver die hoogste temperatuur vir Desember in die land aangeteken.

ʼn Senior weervoorspeller, Ezekiel Sebego, sê Vredendal het op 4 Desember ʼn rekordtemperatuur van 45,7 °C aangeteken. Dit is dié dorp se hoogste aangetekende temperatuur nog. Die vorige hoogste temperatuur is op 7 Desember 2008 aangeteken toe die kwik tot 45,5 °C gestyg het. Vredendal se temperatuur het Maandag op ʼn koeler 28 °C gestaan. Vioolsdrif, ʼn klein dorpie in Namakwaland op die oewer van die Oranjerivier, het Saterdag die tweede hoogste temperatuur vir die maand aangeteken met 42,5 °C. Die derde hoogste temperatuur is Sondag by die Augrabiese Valle in die Noord-Kaap aangeteken waar die kwik tot 42,4 °C gestyg het. Intussen sê Sebego dat mense in Gauteng, Vrystaat, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal ʼn nat Kersfees te wagte kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.