Renduif verkoop vir R3.8 miljoen

Heremans Leo en een van sy duiwe. Foto: Syndicatelofts.com/leo-heremans/

ʼn Eenjarige Belgiese renduif, met die naam Bolt, is die naweek vir ʼn nuwe wêreldrekordprys van €310 000 (R3,8 miljoen) aan ʼn Chinese sakeman verkoop. Die duif is vernoem na die Olimpiese goue medalje naelloper, Usain Bolt van Jamaika.

Die BBC het Dinsdag berig Bolt het reeds verskeie pryse gewen en is deur die bekende Belgiese duifteler, Leo Heremans, geteel. Heremans het die naweek sy hele versameling van 530 voëls vir ʼn totaal van €4,3 miljoen (R52,98 miljoen) op ’n algemene veiling vir renvoëls verkoop. Die veiling is deur die duifveilingswebwerf PIPA gehou.

Bolt se nuwe eienaar gaan hom glo vir teeldoeleindes gebruik.

Bolt

Die kopers van nege van die tien duurste duiwe wat op die veiling verkoop is, is van China en Taiwan. Daar is oor die afgelope tyd toenemende belangstelling in renvoëls onder beleggers uit Asië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Flash ·

Daai chinks is honger! Om soveel vir duiwe te betaal! Ek skiet sommer vanmiddag ‘n paar en pos hulle sjina toe.
Shame man!
Daar’s seker nie ander kos nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.