Renoster deurboor man

Argieffoto

‘n Man wat in Nepal visgevang het, is dood nadat ʼn renoster hom deurboor het.

Die 38-jarige man is Saterdag in Chitwan Nasionale Park, Nepal se grootste bewaringsgebied, oorlede. “Alhoewel aanvalle op mense gereeld gebeur weens ontbossing wat die wilde diere na dorpies jaag, is dit seldsaam vir ʼn renoster om ʼn mens dood te maak,” het ʼn kenner gesê. “Renosters is nie aggressiewe diere nie. Dit is seldsaam dat ʼn mens deur hulle doodgemaak word,” het Kamal Jung Kunwar, hoofopsigter by die park, aan AFP gesê.

Kunwar sê die renoster het die man moontlik aangeval omdat hy in die dier se habitat in die park beland het.

ʼn Olifant het vroeër vandeesmaand ʼn 40-jarige vrou doodgetrap toe sy voer vir beeste in ʼn afgeleë gedeelte van Nepal versamel het.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Hannes ·

Dalk het die renoster hom aangesien vir ‘n stroper of “gebruiker” van renosterhoring

wilma ·

Ons is ongelukkig in hulle gebied. So ons moet hul gebied met respek hanteer en as ons op hul plek beweeg dan moet ons maar die gevolge dra dis soos wanneer ons in die see is en n haai val ons aan, hulle probeer hulself beskerm en ek dink hulle is ook maar net bang.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.