Renoster in Wes-Kaap gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die polisie sê die karkas van ʼn renosterbul is Maandag op die plaas Bergsig naby Hartenbos en Mosselbaai gevind.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Vishnu Naidoo, sê die renoster se horings is verwyder. “Dit het waarskynlik Sondagaand gebeur.” Die Wes-Kaap het minder gevalle van renosterstropery aangemeld in vergelyking met ander provinsies. Naidoo sê dit is die tweede voorval in die afgelope 12 maande. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.