Renoster is nuusmaker van die jaar

Argieffoto

Die Nasionale Persklub het Vrydagaand renosters as die 2012 Nuusmaker van die Jaar in Pretoria aangewys.

“Die aanslag op hierdie Afrika-reuse het al tot talle gesprekke landswyd en regoor die wêreld gelei, maar dit het mense ook byeengebring om saam veldtogte te ondersteun,” het Antoinette Slabbert, voorsitter van die persklub, in ‘n verklaring gesê. “Renosterstropery is aanhoudend in die nuus en wek sterk emosies.”

“Geskiedenis is verlede jaar gemaak. ‘n Rekordaantal van 668 renosters is gestroop, ‘n leiersfiguur in die stroperybedryf is ‘n swaar vonnis van 40 jaar opgelê en ‘n internasionale akkoord om stropery te voorkom is onderteken,” het Slabbert bygevoeg. Sy sê dit is krities belangrik dat regerings, maatskappye, individue en die media stappe doen om stropery te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.