“Renoster-sindikaat” val joernalis aan

ʼn Voormalige polisiebeampte, wat daarvan verdink word dat hy die baasbrein agter ʼn renosterhoring-smokkelsindikaat is, het Donderdag ʼn joernalis aangeval voor hy in die hof verskyn het.

Die verdagte, Joseph Nyalungu, het oomblikke voordat hy in die Middelburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn het, ʼn vroulike joernalis van die gemeenskapskoerant Middelburg Observer aangeval, berig die koerant op hul webwerf.

Nyalungu, oftewel Big Joe, het die joernalis, Jana Boshoff, met ʼn pak papiere, wat in sy hand was, geslaan, nadat sy ʼn foto van hom by die hof geneem het. Hy wou haar daarna in die gesig slaan, maar Boshoff het gekoes en die hou vermy. Hy het daarna haar kamera gegryp, maar ʼn mede-joernalis, Yaseen Gaffar, het tot haar redding gekom.

Die voorval is by landdros Andreas Mastourades kort voor die hofverrigtinge aangemeld.

Nyalangu het saam met 12 ander verdagtes, wat by die beweerde sindikaat betrokke is, in die hof verskyn. Die saak is tot Junie uitgestel aangesien sekere bewysstukke nie beskikbaar gemaak is nie.

Klik hier om die foto te sien wat Boshoff geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.