Renoster-skoksyfers bekend gemaak

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van omgewingsake het Donderdag die syfers bekend gemaak van die hoeveelheid renosters wat vanjaar al vir hul horings gestroop is.

“Die aantal renosters wat sedert Januarie 2013 in Suid-Afrika gestroop is, staan nou op 946, en 330 mense is vir stropery in hegtenis geneem,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Altesaam 127 beweerde stropers is sedert die begin van die jaar in die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem.”

Altesaam 573 renosters is in die Kruger-wildtuin gestroop. “Altesaam 106 renosters is in Limpopo gestroop, 85 in Mpumalanga, 84 in KwaZulu-Natal en 82 in Noordwes,” het die departement bygevoeg.

Suid-Afrikaners en lede van die internasionale gemeenskap word aangemoedig om inligting oor renosterstropery en verwante misdade anoniem aan te meld by 0800 205 005, 08600 10111 of by Crime Line op 32211.

Suid-Afrika het 333 renosters in 2010 aan stropers afgestaan, 448 in 2011 en 668 in 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Wat ‘n skreiende skande ! Ek glo dis onmoontlik om hierdie mense te oorreed dat renosterhorings GEEN siekte, ens. kan genees nie. Dit dien dieselfde doel as om jou eie naels te kou.

Eers is renosters doodgemaak, en nou word olifante ook op grootskaal gedood vir die ivoor.

DIS SIEK !

Alida Engelbrecht ·

Die feit dat soveel mense van China vandag in Suid Afrika woon en werk, het seker baie te doen met die hoeveelheid renosters wat gestroop word. Dis tog nie n geheim dat die China die bestemming is vir die renosterhorings nie .Chinese is nou amper onaantasbaar in S.A., omdat hulle byna “eregaste” van die Regering is. Kan ek n voorspelling waag dat nie net renosters en olifante in gevaar is nie, maar dat alle ander wilde diere van ons land uitwissing in die gesig staar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.