Renoster vrek tydens teen-stropingsprosedure

Spencer tydens die behandeling. Die foto is deur die gebruiker @KarinLaB op Twitter gelaai.

ʼn Renoster het Donderdag gevrek nadat ʼn mikroskyfie en opsporingstoestel in sy horing ingeplant is om die dier van stropery te beskerm.

“Hy het goed reageer op die behandeling en die prosedure is 100% veilig, maar daar is altyd ʼn risiko wanneer sulke groot diere verdoof word,” sê ʼn woordvoerder van Rhino Rescue Project, Lorinda Hern. Die renoster, genaamd Spencer, het gevrek nadat veeartse ʼn dwelm ingespuit het om hom by te bring na die prosedure. Die prosedure is gedoen tydens ʼn demonstrasie vir die media by die Renoster en Leeu natuurreservaat in die Wieg van die Mensdom. Hern sê daar word vermoed dat Spencer ʼn onderliggende hartprobleem gehad het en dat die dwelm wat gebruik is om hom by te bring moontlik hartversaking tot gevolg gehad het. Spencer se ouderdom kon glo ook ʼn rol gespeel het, aangesien hy ʼn geskatte 22 jaar oud was. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal waarvan Spencer gevrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.