Renosterbul en dragtige koei in Limpopo doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Renosterbul en ʼn dragtige renosterkoei is die naweek op ʼn wildsplaas in Limpopo doodgeskiet.

Volgens Desiree Vermaas, die plaas se eienaar, sou die koei in Augustus geboorte geskenk het, het Beeld berig. Die wildsplaas is in die Bandelierskop-distrik geleë.  Sy en haar man het albei renosters in 2011 onthoring om hulle teen stropers te beskerm. Sy sê alhoewel die koei se horing weer begin groei het, het die stropers dit nie eers afgesny nie. “So, ‘n mens kan sê dat hulle verniet dood is,” het sy gesê.

Die twee diere is met ʼn enkelskoot doodgeskiet. Vermaak sê die stropers was professionele wat geweet het wat hulle doen.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ignatius ·

Dit lyk vir my dat die renosterstropery nooit gaan ophou nie.Dit gaan net ophou as daar geen renoster meer in die vrye natuur oor is nie.Die res van hierdie diere sal ‘n mens net in die museum kry met ‘n nagemaakte horing of in die dieretuin waar die dier onthoring is.
Myns insiens het die renosterstropery toegeneem vandat die ANC Regering sterker handelsbetrekkinge met die Oosterse lande begin het veral Sjina en Vietnam.Nou is daar baie van hulle wat ons land besoek en dan is daar van hulle wat die kans waarneem om renosterhoring d.m.v. die sindikate te bekom.
Die ergste van alles is dat daar geld betrokke is en dit gaan nie maklik wees om dit te stop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.