Renosterhorings en ivoor terug uit Hong Kong

Kol. Johan Jooste spreek joernaliste toe. Foto: Werner Beukes / SAPA

Kol. Johan Jooste spreek joernaliste toe. Foto: Werner Beukes / SAPA

ʼn Besending ivoorprodukte en renosterhorings met ʼn geskatte waarde van R23 miljoen op die swartmark is na Suid-Afrika toe teruggebring.

Die Valke het Woensdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê daar is al in November 2011 beslag gelê op die ivooritems en renosterhorings, maar dat dit Suid-Afrika langer as ʼn jaar geneem het om dit terug te kry.

Kol. Johan Jooste, van die Valke, het gesê dit is die eerste keer wat dié tipe produkte teruggekry is.

“Ons is baie trots op almal wat saamgewerk het om dit terug te bring,” het Jooste gesê.

Dit het die samewerking van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die departemente van omgewingsake en internasionale betrekkinge, en die polisie se forensiese laboratorium gekos om die besending terug te kry.

Altesaam 33 renosterhorings, 758 ivoor-eetstokkies, en 127 ivoor-armbande is teruggekry.

Jooste het gesê die volgende stap van die ondersoek is om die renosterhorings en ivooritems vir forensiese toetse te stuur. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.