Renosterhorings in Bedfordview, JHB opgespoor

ʼn Viëtnamese man is Dinsdagaand in Bedfordview in hegtenis geneem ná ʼn klopjag renosterhorings in sy woonstel opgelewer het.

Kol. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie sê die polisie, Ekurhuleni metropolisie, en beamptes van die departement van binnelandse sake het ná ʼn wenk die klopjag op die woonstel aan die Oos-Rand uitgevoer. “Ons het 10 renosterhorings, ter waarde van R12 miljoen tot R15 miljoen, opgespoor. Ons het ook een olifanttand, goue juweliersware en stapels geld opgespoor,” het Naidoo gesê. “Daar moet miljoene rande in sy woonstel wees. Van die kontant is Amerikaanse dollars,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.