Renosterjag-reservaat kom onder skoot

Argieffoto

‘n Petisie word tans gesirkuleer teen ‘n privaat wildsplaas in Limpopo wat pakkette aanbied om renosters by hulle te kom jag.

Die petisie deur Paul Kruger Safaris teen die Timbavati Privaat Natuurreservaat wat die pakkette aanbied, word deur verskeie ander natuurbewaarders ondersteun, het die Saturday Star berig. “Almal baklei vir die renoster, maar Timbavati laat toe dat hulle gejag word,” het Pieter Odendaal, natuurbewaarder, gesê.

Odendaal sê Timbavati en die Kruger Nasionale Park het ingestem dat geen heinings tussen die twee parke opgerig sal word nie, sodat diere vrylik kan rondbeweeg. “Die renosters wat gejag mag word, kan dus Kruger-park renosters wees.”

Timbavati het glo gesê fotografiesetoerisme-bedrywighede doen meer skade as volhoubare, goed bestuurde jagbedrywighede. “Slegs manlike wit renosters bo ‘n sekere ouderdom en horinggrootte word gejag, kragtens ‘n streng protokol,” het Thomas Hancock, voorsitter van Timbavati, gesê.

Die Kruger Nasionale Park het gesê die renosterjagpakkette is oneties. “Hulle sê die renosterbulle is oud, en vra ons of daar van hulle verwag word om die bulle maar net eenvoudig onder ‘n boom te laat vrek. Ek sê ja – laat natuur sy gang gaan,” het Ike Phaahla, woordvoerder vir die Kruger-park, gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johan ·

Kan jy dit glo, hier is ons besig met ‘n helse veldtog teen renoster stropers en Timbavati nogal, gaan aan die jag of daar duisende renosters is! Baie onverantwoordelik sou ek se!

hester ·

Geld het mense se god geword. Hoop Timbavati word gestop. Weet nie wat gaan in ons mensdom se koppe aan nie. Maar soos ek se geld het mense se god geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.