Renosterkalfie 18 keer gekap

Argieffoto

‘n Twee maandeoue renosterkoei is ten minste 18 keer met byle en pangas gekap toe sy glo te naby aan stropers gekom het wat besig was om haar ma se horing af te sny.

“Die babarenoster het duidelik probeer om by haar ma uit te kom toe die stropers die horing verwyder het. Hulle het haar herhaaldelik met ‘n byl en panga gekap om haar weg te jaag,” het Karen Trendler, woordvoerder van die Trust vir Bedreidgde Natuurlewe, gesê. “Die babarenoster het 18 baie diep snye oor haar gesig, een regdeur haar snoet en een regdeur haar skedel. Dit gaan egter merkwaardig goed met haar.”

Stropers het in 2012 ‘n rekordgetal van 668 renosters in Suid-Afrika doodgemaak terwyl die aanvraag op die Asiese swartmark steeds toeneem. Sommige persone glo die materiaal, wat soortgelyk aan mensnaels is, het medisinale waarde. Dié bewerings is wêreldwyd afgemaak.

Die kalfie word tans by ‘n spesiale weeshuis vir babarenosters naby Mokopane, sowat 250km noord van Pretoria, versorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

Ek erken ruiterlik dat ek na n rassis verander,wanneer ek sulke inligting bekom,dat swart mense,wat verantwoordelik is vir sulke dieremishandeling,geensins deur my erken word,behalwe as afstammelinge van die Antichris,en met sulke mense wil ek nie eers kominikeer,ek glo ook dat hulle kanibale is,en ander mense uitmekaar sny,en kook en verslind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.