Renosterkalfie herstel ná aanval

Ntobmi kort na haar aanval. Foto: Facebook

Ntombi, ʼn renosterkalfie wat erg beseer is nadat stropers haar aangeval en haar ma vir haar horing doodgemaak het, sterk goed aan.

Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) het Vrydag in ʼn verklaring gesê die twee maande oue kalfie herstel bo verwagting goed.

“Die kalfie is op 8 Januarie in ʼn baie swak toestand gevind. Sy wou na haar ma toe gaan terwyl stropers besig was om haar ma se horing te verwyder, toe die stropers haar met ʼn panga of byl aangeval het. Hulle het haar in haar gesig gesny in ʼn poging om haar te verjaag,” het die EWT gesê.

Die kalfie het die aanval oorleef, maar moes behandel word vir 18 diep snywonde op haar gesig. Een snywond het deur haar skedel penetreer.

Ntombi word by ʼn plek van veiligheid gerehabiliteer en aangehou. “Sy word soms nog paniekerig, maar is die meeste van die tyd tevrede. Haar herstel is ʼn simbool van hoop teen renosterstropery en ons glo ons kan nog die gety teen dié euwel draai,” het Karen Trendler, ʼn spesialis wat Ntombi behandel, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.