Renosterkarkasse in Noordwes gevind

Vier renosters is verlede maand vir hulle horings doodgemaak by die Lalibela-wildreservaat in die Oos-Kaap. Foto: Lalibela Game Reserve/Facebook

Twee renosterkarkasse is Sondag by die Shingalana-leeu-en-renosterreservaat buite Hartbeesfontein in Noordwes gevind.

Jaco Pfister, woordvoerder van die reservaat, sê die renosters se horings, ore en geslagsorgane is verwyder. Pfister sê dit is die tweede soortgelyke voorval by die reservaat die afgelope week nadat nog ʼn renosterkarkas verlede week Maandag gevind is. “Ons vermoed dat dieselfde mense verantwoordelik is vir beide voorvalle aangesien soortgelyke dele van die renosters verwyder is.” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en die polisie ondersoek die saak.

Minstens vier renosters is die afgelope twee jaar by die reservaat vir hul horings doodgemaak. Volgens die departement van omgewingsake is meer as 430 renosters reeds teen 2 Oktober vanjaar vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.