ʼn Woordvoerder van die Krugerwildtuin, William Mabasa, sê die koei en kalf se karkasse is Dinsdagoggend naby Albisini weg in die Pretoriuskop-gebied gevind. Mabasa sê dit is nie duidelik wanneer die renosters doodgemaak is nie. Hy sê die koei en haar kalf is albei in die kop geskiet en die koei se horing is verwyder. Mabasa het ʼn beroep gedoen op die publiek om na vore te kom indien hulle enige inligting het.
Renosterkoei en kalf in Krugerwildtuin doodgeskiet
ʼn Witrenosterkoei en haar kalf is in Pretoriuskop in die Krugerwildtuin deur stropers doodgeskiet.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.