Renosterkoei en kalf in NW gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Die karkasse van ‘n renosterkoei en haar kalf is Woensdag by die Mafikeng-wildreservaat in Noordwes gevind.

Dinah Ranganka, woordvoerder vir die reservaat, sê die renosterkoei se horings is verwyder terwyl die kalf nie onthoring was nie. Die koei en kalf se karkasse is meters van ʼn hoofpad gevind. Dit is die eerste geval van renosterstropery by die reservaat vanjaar. Minstens 60 renosters is reeds vanjaar in Noordwes vir hulle horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Poepies ·

Vat die ANC en sy bond genootskap en begin om hulle te ontman want die ANC wil net geld by ons vat om paleise te bou en vergeet om hulle werk te doen.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.