Renosters kan binne 25 jaar uitsterf

Foto: www.rhinoconservation.org

Renosters kan binne die volgende 25 jaar uitsterf as hulle nie daadwerklik beskerm word nie.

“As die tempo waarteen renosters gestroop word só aangaan, sal daar oor 25 jaar nie meer enige renosters wees om van te praat nie,” het Mavuso Msimang, ʼn bestuurder van omgewingsake, Donderdag in Johannesburg gesê.

Volgens Msimang is hulle in samesprekings met die regering om planne en voorstelle te bewerkstellig om renosters te beskerm.

Altesaam 339 renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika gestroop.

 

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

As die handel in renosterhorings nie gewettig word en oopgestel word nie, sal die renosters aanhou om meer waardevol te wees vir stropers as vir hul wettige eienaars, en sal die stropery aanhou en net in felheid toeneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.