Renosters met AK’s geskiet, ses vas

Foto: Moira-Marie Kloppers

Ses vermeende renosterstropers is in hegtenis geneem na twee renosters oor die Paasnaweek geskiet en onthoring is op ʼn plaas in Naboomspruit, Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê een van die renosters is dood terwyl die ander een oorleef het. Die polisie het Sondag twee mans in Naboomspruit in hegtenis geneem in verband met die voorval en op ʼn AK47-aanvalsgeweer beslag gelê. Mulaudzi sê verdere ondersoek het gelei tot die arrestasie van nog vier vermeende stropers in Soshanguve buite Pretoria. “Daar is op nog ʼn AK47-aanvalsgeweer en R46 000 beslag gelê.” Mulaudzi sê al ses verdagtes is buitelanders tussen die ouderdomme van 32 en 34. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Naboomspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.