Renosters vir miljoene verkoop

Argieffoto

Veertig witrenosters is vir nagenoeg R10 miljoen tydens die Ezemvelo Wildlife se jaarlikse veiling in Durban verkoop. Die veiling is Woensdag by die Sibaya Casino gehou.

Musa Mntambo, die reservaat se woordvoerder, sê die gemiddelde prys van renosters het van verlede jaar af van R243 000 tot R247 000 hierdie jaar gestyg. Die renosters was deel van 1 563 diere wat by die veiling verkoop is. Vier seekoeie is vir R35 000 elk verkoop.

Van die diere wat opgeveil is, was swartwildebeeste, blouwildebeeste, kameelperde, dassies, rooihartbeeste, rooibokke, koedoes, njalas, vlakvarke, sebras, blesbokke en springbokke.

Die diere is meestal deur eienaars van wildplase en reservate gekoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.