Renosters voorkomend onthoring

Argieffoto van die SA Veterinêre Stigting, www.savf.org.za/Pro_Rhino.asp

Renosters is in ‘n reservaat in KwaZulu-Natal onthoring om hulle teen stropers te beskerm.

“Vandag is bittersoet. Ons wil nie teen die aard van renosters indruis om hulle te onthoring nie, maar ons het nie ‘n ander keuse nie. Ons moet hul horings afkap om hulle lewendig te hou,” het Clarke Smith, voorsitter van die Nambiti privaatreservaat, gesê.

Bestuurders by die reservaat, naby Ladysmith, wou vir sekuriteitsdoeleindes nie aandui hoeveel renosters hulle op die reservaat aanhou nie. Die operasie is Donderdag deur ‘n span van die reservaat en veeartse gelei, berig SowetanLIVE. ‘n Helikopter is gebruik om die renosters op te spoor en verdowingspyle na hulle te skiet. Die DNA van die renosters sal gestoor word sodat die oorsprong van die horings opgespoor kan word indien dit ooit gesteel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.