Renosterslagting duur voort

Foto: www.rhinoconservation.org

251 renosters is reeds sedert die begin van die jaar vir hul horings gestroop.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê 170 mense is al vanjaar in verband met renosterstropery in hegtenis geneem. “147 is vermeende stropers, 10 is of ontvangers van renosterhoring of het dit vervoer, 6 is vermoedelik kopers en 7 uitvoerders.” Modise sê 149 renosters is reeds vanjaar in die Krugerwildtuin doodgemaak. “Noordwes, KwaZulu-Natal en Limpopo loop steeds erg deur met 86 renosters wat reeds vanjaar in die provinsies gestroop is.” 448 renosters is verlede jaar vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.