Renosterstroop-polisiebeampte aangekeer

Argieffoto

Chris du Plessis, ‘n ondersoek beampte in ‘n renosterstroopsaak het Vrydag in die Phalaborwa-landdroshof in Limpopo verskyn.

“Du Plessis is vroeër die week in hegtenis geneem en van die besit van ongelisensieerde vuurwapens aangekla,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Du Plessis is die senior ondersoekbeampte in ‘n renosterstroopsaak van vier Mosambiekers. Hy het glo nege ongelisensieerde vuurwapens, insluitend ses jaggewere, by hom gehad.

Hy sal Dinsdag aansoek doen om borg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

louise ·

Hoekom word die wit manne se name genoem maar as dit ander nasies is word hulle genoem as “mense, mans, persone ens. Dit is reg noem hulle name wys hulle gesigte al is hulle wie maar dan moet dit regverdiglik oor almal gedoen word.!!!!

Paul ·

Ek weet nie watter nuus jy lees nie, Louise, maar die name van swart vermeende misdadigers word ook dikwels/gedurig gepubliseer.

Dirk ·

Of hy wit of swart is die f@kker moet betaal. Wat gaan met die polisie aan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.