‘Renosterstroper’ doodgeskiet

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Vermeende renosterstroper is doodgeskiet en twee ander is in hegtenis geneem in die Krugerwildtuin.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van Valke, sê wildbewaarders het Saterdag op ʼn gekweste renoster afgekom. Hy sê die bewaarders het die renoster se bloedspoor gevolg waarna hulle op drie Mosambiekers afgekom het. Ramaloko sê die bewaarders het die drie mans vasgekeer en hulp ontbied. “Die vermeende stropers het op die wildbewaarders geskiet waarna hulle teruggeskiet het en een van die vermeende stropers doodgeskiet het.” Ramaloko sê die ander twee mans is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn. Ramaloko sê daar is op ʼn jaggeweer beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.