Renosterstroper gevonnis

Foto: Moira-Marie Kloppers

ʼn Man is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis in die Nelspruit-streekshof nadat hy skuldig bevind is aan renosterstropery.

Leonard Mhlongo (21) van Mosambiek en sy medebeskuldigde Kenneth Sibiya is op 19 Januarie in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem nadat hulle ʼn swartrenosterkoei en haar kalf onthoring het. Isbet Erwee, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê daar is drie renosterhorings in die mans se besit gevind. Sy sê ʼn derde verdagte het ontsnap toe Mhlongo en Sibiya in hegtenis geneem is. “Sibiya het intussen gevlug nadat hy op borgtog vrygelaat is. Die polisie is tans op soek na hom.” Volgens Mhlongo het Sibiya vir hom gesê om in Suid-Afrika te kom werk. “Ek het onwettig die grens by die Krugerwildtuin saam met Sibiya oorgesteek. Nadat ons nog ʼn man in die wildtuin ontmoet het, het ek eers besef wat hulle wil hê ons moet doen. Ek het geen magtiging gehad om twee renosters dood te maak nie en ek versoek die hof vir ʼn boete aangesien ek beplan om R20 000 bymekaar te maak en te betaal.” Landdros Edward Hall het tydens vonnisoplegging gesê renosterstropery is ʼn landswye probleem en ons lees elke dag in die koerante daarvan. “Om die wildtuin onwettiglik met ʼn vuurwapen binne te kom, is ʼn kriminele aktiwiteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andie ·

Nie dat ek geen simpatie vir renosters het nie maar wat my betref, f@@k the ryno, save the white O!

Kaspaas Breekwater ·

Die wit man kan hom self nog help – die renoster kan nie.

Melissa ·

No.1 SIT DIE VERDOMDE HEINING IN DIE KRUGER WILD TUIN TUSSEN MOZAM EN ONS WEER TERUG! As die “President” R250miljoen op sy persoonlike tuiste kan spandeer, sien ek nie hoe dit te veel is om ‘n electrisie heining in die kruger weer op te sit nie!

No.2 Hierdie mense wat gevang word moet glad nie op borgtog vrygelaat word nie, veral as hulle nie Suid Afrikaaners is nie, obviously gaan hulle terug vlug na hulle land, en net weer deur die Kruger onwettig terug in Mozam kom!

Regtig waar!!!!! Meer moet gedoen word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.