‘Renosterstroper’ vas

Foto: Moira-Marie Kloppers

Foto: Moira-Marie Kloppers

Die polisie het ʼn vermeende renosterstroper naby die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke Woensdag gesê.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê die arrestasie van die vermeende stroper kom na ʼn omvattende ondersoek deur ʼn spesiale polisie-eenheid. Die man is Dinsdag in die Cork Trust-gebied in hegtenis geneem. “Die verdagte is glo deel van ʼn aktiewe groep stropers wat in die Krugerwildtuin en omliggende reservate bedrywig is.” Die polisie het onder meer op ʼn SANParke-veldwagtersuniform, jagtoerusting, wapens en ammunisie beslag gelê. Intussen is drie vermeende renosterstropers in ʼn afsonderlike voorval in Malelane in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem na ʼn skietgeveg met wildbewaarders. Een van die vermeende stropers is geskiet en gewond. Die polisie het op wapens en jagtoerusting beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dinknet ·

Ek kan nooit verstaan nie…… Waarom praat hul van n “vermeende” stroper?? As jy jagtoerusting by die man kry en jy vind hom op die toneel,waarom is hy steeds n “vermeende” stroper? Hy weet waarom hy daar was en so weet die een wat hom betrap ook!

Nico Strydom ·

Haai Dinknet

Volgens die Suid-Afrikaanse regstelsel is ‘n persoon onskuldig tot hy skuldig bevind word. Volgens wet moet daar dus na die verdagte verwys word as ‘n “vermeende stroper” of “vermeende rower” tot en met hy skuldig bevind is in die hof.

Vriendelike groete

Amy ·

Dis goed dat die stroper gevang is, maar wie is die BAASBREIN agter hierdie ‘siek bedryf?’. Die stropers, is net die mense wat iemand se opdragte uitvoer, en ‘n komissie kry vir hul waansinnige dade!!! Siek spul!!! Mag hul almal eendag in die hel brand!!! Jammer, maar dis hoe ek voel. Ek word soooo kwaad!!!

Dinknet ·

En om die woord “vermeende” te gebruik,is om die misdadiger se regte te beskerm,maar waar is die regte van die slagoffer?

Jasper ·

Vermeendes, verdagtes en insittendes is besig om hierdie land uit te roei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.