‘Renosterstropers’ steek plaas aan die brand

Foto: www.rhinoconservation.org

Nege mans is Sondag op ʼn wildsplaas naby Lephalale in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle ʼn deel van die plaas aan die brand gesteek het in ʼn poging om renosters na ʼn spesifieke plek op die plaas te lok en dood te maak.

Brig. Hangwani Muladuzi, woordvoerder van die polisie, sê die mans is in hegtenis geneem terwyl hulle die veld aan die brand gesteek het. Hangwani sê die mans word ook verbind aan ʼn saak waar ʼn renosterkalf twee maande gelede in dieselfde area doodgemaak is. “Dieselfde modus operandi is gebruik om die kalf dood te maak en te onthoring.” Mulaudzi sê die polisie het op ʼn kamera, slypmasjien, ʼn kragopwekker en twee voertuie beslag gelê. Hy sê die kamera is onder meer gebruik om foto’s van die wildsplaas, die renosters en die eienaars van die plaas te neem. Mulaudzi sê die nege mans, wat van Mosambiek en Zimbabwe afkomstig is, sal binnekort in die Lephalale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.