Renosterstropery: Kruger kry nog 150 wildbewaarders

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Bykomende 150 wildbewaarders sal hierdie jaar by die Kruger Nasionale Park ontplooi word in ʼn poging om renosterstroping hok te slaan, het Edna Molewa, minister van omgewingsake Sondag gesê.

Molewa het in haar gesprek Saterdag met die Nasionale Persklub in Pretoria aangedui dat daar tans 500 wildbewaarders in die park werksaam is. Molewa se aankondiging volg na daar berig is dat 11 renosters reeds hierdie jaar doodgemaak is. In 2011 is 448 renosters in Suid-Afrika doodgemaak. “Die aanhoudende stropery van ons renosters is ʼn bron van groot kommer vir die regering.” Ongeveer 232 persone is reeds vir renosterstropery in hegtenis geneem, het Molewa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.