Renosterstropery neem erg toe

Foto: www.rhinoconservation.org

Daar is vanjaar reeds 170 meer renosters vir hulle horings doodgemaak as verlede jaar.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Maandag bekendgemaak dat 618 renosters reeds vanjaar gestroop is. Molewa het die aankondiging gemaak nadat sy ʼn memorandum van verstandhouding onderteken het saam met haar Viëtnamese eweknie. Die memorandum het ten doel om samewerking in biodiversiteit te bevorder en spesifiek om renosterstropery hok te slaan. Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes het vanjaar die ergste deurgeloop onder renosterstropery. Intussen is 257 mense reeds vanjaar in hegtenis geneem weens renosterstropery.

In 2011 is 448 renosters gestroop en in 2010 is 333 renosters vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae