Renosterstropery neem steeds toe

Foto: Moira-Marie Kloppers

ʼn Totaal van 167 vermeende renosterstropers is reeds vanjaar in hegtenis geneem terwyl 587 renosters reeds vir hul horings doodgemaak is.

Die departement van omgewingsake sê 362 van die renosters is in die Krugerwildtuin gestroop. In Noordwes en KwaZulu-Natal is onderskeidelik 60 renosters gestroop, 59 in Limpopo en 39 in Mpumalanga. Die departement sê die regering gaan sy stryd teen renosterstropery verskerp deur sterker internasionale betrekkinge. Suid-Afrika het reeds memorandums van verstandhouding met talle lande gesluit en is onder meer met lande soos Mosambiek in onderhandelings. In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak, 448 in 2011 en 333 in 2010.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Sit die Kruger Wildtuin se heining tussen Mozam en ons weer op, SIT DIT WEER OP, wat kan so moeilik wees om dit te verstaan!!! Die wat gevang word vir Renosterstroop moet lewens lange tronk straf kry, en GEEN borgtog nie! Hulle moet strenger wees! Hierdie diere word uitgewis omdat mense onnosul is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.