Renosterstropery: SA en Viëtnam onderteken bewaringsplan

Argieffoto

Owerhede van Suid-Afrika en Viëtnam het Maandag ‘n bewaringsplan onderteken in ʼn poging om renosterstropery te beveg.

Die regerings het onder andere onderneem om die name van geregistreerde jagters uit te ruil in ʼn poging om jagters, wat permitte onder valse voorwendsels bekom het, vas te trek.

Owerhede het veral hul visier op jagters gestel wat wette misbruik wat hulle toelaat om renosterhoring as “jagterstrofees” uit te voer in ʼn poging om dit oorsee te verkoop, veral op Asië se swartmark.

Volgens Peter Mbelenge, ʼn woordvoerder van die regering, sal die bewaringsplan ook pogings versterk dat die twee regerings saamwerk om wetstoepassing te bevorder. Die plan sal tot 2017 in werking wees, waarna dit hersien sal word.

Intussen het Rejoice Mabudhafhasi, die minister van omgewingsake, gesê die regering is ook in gesprek met die Mosambiekse owerheid om die renosterstropery in Suid-Afrika te beveg.

Meer as 270 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.