ʼn Woordvoerder van die departement van omgewingsake, Albi Modise, sê 199 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Die getal het op 19 April op 181 gestaan. Modise sê 119 renosters is reeds in die Krugerwildtuin doodgemaak. Hy sê 122 vermeende renosterstropers is reeds vanjaar in hegtenis geneem.
Lede van die publiek word aangemoedig om renosterstropery aan te meld by 0800 205 005.