Renosterstropery styg steeds skerp

Foto: www.rhinoconservation.org

Die departement van omgewingsake sê meer as 380 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement, sê 381 renosters is reeds vanjaar gestroop. Hy sê 236 hiervan is in die Krugerwildtuin gestroop terwyl Limpopo, KwaZulu-Natal en Noordwes steeds die egter deurloop onder stropers. Daar is vanjaar reeds 117 renosters in die drie provinsies gestroop. Verlede jaar is 448 renosters vir hul horings doodgemaak in vergelyking met die 333 van 2010. Modise sê 199 vermeende stropers is al vanjaar in hegtenis geneem.

Die publiek word aangemoedig om renosterstropery aan te meld by 0800 205 005.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.