Repokoers bly onveranderd

Gill Marcus Foto: Werner Beukes, SAPA

Die repokoers sal onveranderd op 5% bly, het Gill Marcus, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) Donderdag gesê.

Dit beteken dat die prima-leningskoers op 8.5% sal bly. Volgens Marcus het die Monetêrepolis-komitee (NPC) besluit dat ‘n verlaging in die repokoers nie ‘n goeie besluit sal wees nie, weens ekonomiese faktore wêreldwyd. Marcus het ook gewaarsku dat Suid-Afrikaners ‘n verhoging in die petrolprys in Oktober te wagte kan wees.

“Die petrolprys het, sedert Augustus, akkumulatief R1.15 per liter gestyg en ‘n verdere verhoging kan in Oktober verwag word,” het sy gesê.

Die repokoers is in Juliemaand met 50 basispunte verlaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.