Reservaat verloor 66% van olifantbevolking deur stropery

olifant familie-reunie

Argieffoto.

Volgens die Wêreldnatuurfonds (WWF) is daar nou net 13 000 olifante in die Selous-reservaat in Tanzanië oor. Daar was in 2009 ongeveer 39 000 olifante in dié reservaat.

Die WWF het syfers van die moniteringsinstansie, Traffic, gebruik. Dit beteken dat 66 % van die reservaat se olifantbevolking in enkele jare gestroop is. Ondersoeke, onder meer deur die Environmental Investigation Agency (EIA), het al tevore aan die lig gebring dat die stropery en smokkel van ivoor en renosterhoring geskied in samewerking met senior regeringsamptenare. Van die wildbewaarders is glo ook lede van die sindikate.

Volgens die EIA word ivoor selfs uit Mosambiek na Tanzanië gesmokkel, en dan saam met die Tanzaniese ivoor “uitgevoer”. Die verslag meld nie of van die ivoor uit Mosambiek ook gesmokkelde ivoor uit Suid-Afrika insluit nie. Mosambiek se olifantbevolking word teen ‘n tempo van meer as 1 000 per jaar uitgeroei.

Volgens Cites is daar in 2012 altesaam 22 000 olifante op die hele kontinent gestroop.

Bronne: De Standaard, The East African, Voice of America

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

akram ·

Dit is skokkend. Praat met van die PH mnese hier en dan kom mens agter hoe erg dit regtig gaan, Die TZ regering het ekstra mense opgelei teen wild stroping. Van die mense wat by sindikate betrokke was, was in die regerings kantore gewees. Hier was dit groot nuus. Die meeste Ivoor word uitegvoer na die ooste. Die ivoor word gebuik om familie stempels te maak, of besigheid stempels. Dit is hoog mode in die ooste om op n brief jou stempel te sit. en as dit van ivoor is, nog beter. N ruk terug is n vragmotor gestop, onder begeleiding van regerings amptenare, en deursoek. die vrag “uitgekerfde hout beelde” was to onverwerkte ivoor. Daar word dus nie so groot oordryf met die getalle in die parke in TZ nie. Die teenwild stropings eenheid het die “shoot on site” houding.

Jasper ·

Hulle draai die gans wat die goue eiers lê nek om. Sodra daar niks oor is nie dan takel hulle mekaar. Die hele Afrika ly aan die siekte. Ons beurt kom nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.