Reuse aardbewing suidwes van Kaapstad

‘n Baie sterk aardbewing van 7,3 op die momentmagnitudeskaal het in die omgewing van die Suid-Sandwich-eilande plaasgevind.

Dié eiland is ent meer as halfpad tussen die suidpunte van Afrika en Suid-Amerika, na Suid-Amerika se kant. Dit het op die verskuiwingsvlak plaasgevind wat Antarktika van Afrika, Suid-Amerika en Australië skei. Dié aardbewing het bykans ongemerk verbygegaan weens die afgeleënheid daarvan.

Dit gebeur egter dikwels, skynbaar sonder ‘n klinkklare rede, dat sterk aardbewings hier gevolg word deur sterk aardbewings in die omgewing van Japan. Meer as ‘n dag later was daar egter nog nie ‘n werklike sterk aardbewing in daardie omgewing nie, met die skudding van M5,3 sowat 33 kilometer van Nemuro in Japan, en ‘n skudding van M5,2 in Taiwan die beduidendste. ‘n Skudding van M6 op Papua Nieu-Guinee was die sterkste in die omgewing, maar was waarskynlik ‘n naskok van ‘n skudding van M7,3 in dieselfde omgewing meer as ‘n week gelede.

‘n Sterk skudding wat moontlik wel verband kan hou, is een van M6 in Peru. Die twee skuddings het op dieselfde verskuiwingsvlak plaasgevind, hoewel baie ver uitmekaar. Benewens ‘n naskok van M5,1 waar die bielie nou plaasgevind het, het daar nog ‘n skudding, een van M5,7, betreklik naby daaraan op die puntjie van die Antarktiese skiereiland voorgekom.

Ander “interessante” aardbewings die afgelope 24 uur was een van M4,9 in Algerië na Afrika die afgelope paar weke verskeie aardbewings beleef het, of by Baberton en Thabzimbi in Suid-Afrika, en een van M4,5 in Griekeland Ook Griokeland loop die afgelope weke onder matige aardbewings deur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.