Reuse beloning oor bloulig-rowers wat motoriste kaap

‘n Johannesburgse man het ʼn reuse beloning uitgeloof vir inligting rakende ’n bende bloulig-rowers wat hom en talle ander motoriste die afgelope twee weke in Gauteng gekaap het.

Ryan Pickford is sowat ʼn week gelede gekaap nadat hy sy vrou en pasgebore babaseun in die Morningside-kliniek besoek het. Hy is glo deur ʼn groep mans, wat beweer het hulle is polisiebeamptes, van die pad af getrek. Die mans het sy motor deursoek voor hulle hom geboei en in hulle motor geprop het. Die mans was in volle polisieuniform geklee en met R5 gewere gewapen. Een van die mans het met Pickford se Porsche Cayenne weggery. Hy is vir langer as ʼn uur aangehou voor die kapers hom in ʼn veld naby Centurion afgelaai het. Pickford het intussen ʼn beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat kan help om die bende vas te trek en ook die polisiebeamptes wat glo hierby betrokke is uit te wys. Die polisie het verlede week gesê die bende bestaan uit tussen drie en vyf mans wat gewoonlik in ’n wit (VW) Golf, met ’n blou lig op die dak rondry.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.