Reuse beloning vir inligting oor moord op ouditeur

Lawrence Moepi

Lawrence Moepi

ʼn Reuse beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van ʼn tweede verdagte in verband met die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur.

Moepi (41) is op 18 Oktober in die parkeerterrein van sy kantoor in Houghton, Johannesburg doodgeskiet. Lt.genl. Lesetja Mothiba, waarnemende Gautengse polisiehoof, het Woensdag aan verslaggewers in Johannesburg gesê ʼn beloning van R100 000 is uitgeloof in die polisie se soektog na ʼn tweede verdagte. “Ondersoekers is in die proses om ʼn identikit van die verdagte saam te stel.” Die eerste verdagte in die saak, Remember Siphoro (42), is in Desember in Soweto in hegtenis geneem. Hy is verlede maand in die Johannesburgse-landdroshof borgtog geweier. Hy word aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Lees ook:
Verdagte in hof vir ouditeur se moord
Verdagte vas oor moord op ouditeur
Ouditeur-skiet: Polisie swyg oor moontlike sluipmoordaanval
Direkteur by ouditeursfirma doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

GawieM ·

Ja Broer, Hoeveel Blankes is nie a hierdie jaar vermoor nie? Is daar enige belonings uitgeloof? NEE, dit laat mens verbitter staan teenoor die swart nasie en regering.

Ria Maritz ·

Weet jy Gawie, toe ek dit nou lees, het ek sommer rooiwarm onder die kraag geword. VIR WAT ‘N REUSE BELONING vir EEN persoon en nie vir ander wat vermoor word nie – EK HET NOG NOOIT gesien of gehoor dat belonings aangebied word vir inligting wat lei tot moored op Blankes nie.

WAT IS FOUT MET HIERDIE VERDOMDE LAND ???

Eben ·

Lesetja Mothiba lig jou allie en loop self soek Hoekom moet ons help soek dan word ons ook medepligtig. Al het ek geweet sou ek nooit gese het al is dit R1mil …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.